Tuisblad

WELKOM BY HOËRSKOOL SANNIESHOF

Baie welkom by Hoërskool Sannieshof

Hoërskool Sannieshof doen sy  leuse:
“Waar elke kind tel” 
elke dag gestand.


Op alle terreine van die skoollewe (akademie, sport, kultuur, skep van gesonde menseverhoudinge)  word talente uitgebou en verborge talente ontdek.


Al word ons kinders onderrig in ‘n plattelandse  gebied ver van groot stede af, hou ons tret met al die nuutste tegnologiese ontwikkelings en word baie geleenthede geskep om  op bekostigbare toere te gaan en plekke van belang te besoek.
Klein klasse verseker ook persoonlike aandag aan elke leerder.


Hoërskool Sannieshof kan beskou word as ‘n kweekskool vir mediese dokters, regslui, ambagsmanne, ingenieurs, onderwysers en -  vir die wat belangstel – boere.

Ons pragtige tuine en plaas gee aan leerders die geleentheid om rustig te word en te ontspan.


Die etos van Hoërskool Sannieshof is Christelik.  Elke dag word begin met skriflesing & gebed en afgesluit met gebed. Gr. 12 leerders  kry ook die geleenheid om op weeksdae die skool te open.   Elke Woensdag is daar ‘n Bybelperiode waar die predikante van die verskillende kerke hul eie lidmate in sake betreffende die Bybel onderrig.


Tyd vir ontspan en “ sosialiseer”  is volop. Sokkies en die  Valentynsbal, kermis, geesvang, ens. word in groot getalle deur leerders en onderwysers bygewoon.


Hier kan ‘n kind nog kind wees en onder toesig van Onderwysers na die grootmens wêreld ontwikkel.