Tab
Content
KULTUUR
Sannies-kultuur spreek van uitstaande gehalte.

ALGEMENE INLIGTING


Die geestelike ontwikkeling van u kind is vir ons baie belangrik en leerders word aangemoedig om aan minstens EEN van die volgende kultuuraksies deel te neem:

• Debat
• Skoolkoerant
• Skoolkoor
• Revue
• Landsdiens
• Groentjiekonsert
• Erfenisdag
• Toneel
• Amaseurs
• Soirees

Gedurende die eerste kwartaal word die Groentjiekonsert gehou.
Dit skep n platform waar talent ontdek en nuwe leerders aan die res van die skool bekend gestel word.
Ons jong redenaars en debatteerders kry geleentheid om aan die jaarlikse ATKV kompetisies deel te neem en hul neem en so hul slag as sprekers te wys

 

2015 - ERFENISDAG



DRAMA EN TONEEL - Tonele uit die keiser

Sannies se kunsleerders is in `n klas van hul eie. Leerders word blootgestel aan verskeie mediums soos akrielverf, houtskool, potlood, poeierpastelle en waterverf. Elke leerder kry die geleentheid om sy eie potensiaal te ontdek deur eksperimentering van mediums en tegnieke.

     
   



Boekskryfster

Hoërskool Sannieshof  het ‘n  internasionaal bekende skryfster met  ongelooflike skrywerstalent!!

Ané  Lombaard  (gr. 10) het van kleins af gedroom om eendag 'n boek te skryf en op 11-jarige ouderdom het sy daarmee begin.  Sy 15 jarige ouderdom  het sy  besluit om alles in te sit om haar droom te bewaarheid en het  vir ongeveer 12 maande feitlik voltyds daaraan geskryf.  Haar volharding is beloon met die uitgee van  "The Dream Keeper"  (wat ‘n lywige  256 bladsye beslaan). 

Ané , wat Afrikaanssprekend is, het hierdie boek  - wat wissel tussen fantasie en fiksie -  in Engels voltooi .
Kort resensie van haar boek The Dream Keeper:  "In a kingdom where gremlins trade with humans, tall green skinned giants walk in the streets and everything "electrical" is powered by a spark, lies the quiet little town of Brim. Here lives the 14-year-old Jason with his family who dreams of becoming a healer and his  brother Bastian of becoming a knight. Everything was perfect until his brother was bitten by a black snake. With Bastian dying and no hope left, Jason embarks on an impossible quest on the words of a complete stranger, far beyond the world he knew to find the Dream Keeper”.