Akademie

Algemene INLIGTING

Sannies is 'n skool waar almal sal inpas, en akademies sal groei en ontwikkel. Dit sal verseker dat jy 'n goeie matrieksertifikaat asook universiteitstoelating kan ontvang om sodoende 'n suksesvolle toekoms te verseker..

  • Ons het goeie onderwysers wat altyd bereid is om ons leerders te help;
  • Hoërskool Sannieshof bied gratis klasse in alle vakke aan Sannies-leerders indien hul dit sou benodig
  • Ons gebruik die nuuste tegnologie in ons klasse wat die manier van leer baie meer interessant en opwindend maak.
  • Ons het ‘n internetkafee wat beskikbaar is vir ons leerders.

PRESTASIES

MATRIEK UITSLAE

• 2015 – Hoërskool  Sannieshof spog soos ALTYD met ‘n 100% slaagsyfer!  Baie geluk aan al die leerders.
En tussen die Minns Tweeling van Hoërskool Sannieshof spog hulle met 13 onderskeidings!!

Maryka Minns het 7 onderskeidings
.

Reneė Lombaard het 7 onderskeidings


Hanneli Grobler het 6 onderskeidings

Anneke Minns het 6 onderskeidings


Lukas Scheepers het 5 onderskeidings


Vianke Rousseau het 4 onderskeidings


Carl van Wyk het 4 onderskeidings


Johan Rademeyer het 3 onderskeidings

Twee onderskeidings: Jaundre Breedt, Son-Marie Cramer, Vitoria de Barros, Edrich Louw,
Duane Mulder
Een onderskeiding: JJ Botha, Marthie de Kock, Mias Jansen van Vuuren, Belinda Joubert, Jumari Nel, Ronel Smit, Junior Snyman, Christo van Deventer

• 2015 - Dux leerder graad 12: Maryka Minns

MATRIEK UITSLAE

• 2014 – Skool het 100% slaagsyfer en al die leerders slaag in al hul vakke!
Uit die 35 leerders het daar 30 vakonderskeidings:
79 B-simbole
65 C-simbole gekom.

Alle vakke se gemiddelde is bokant 50%.  Vier vakke se gemiddelde meer as 70%

• 2014 – Hilda Schutte slaag met 6 onderskeidings.  Sy is beste presteerder in  Landbouwetenskap in Noordwes!!
Sy is ook aangewys as Dux-leerling vir 2014!

• 2014 – Josua Pieterse slaag met 4 onderskeidings!

Andre Venter het 10 Merino ooitjies gewen as beste praktiese Landboustudent!

• 2013 – Hoërskool Sannieshof spog weereens met 100% Matriekslaagsyfer.
Toppresteerders vir 2013:

Ané Lombaard

Ané spog met 6 onderskeidings

Chantelle Minns

Chantelle spog met 7 onderskeidings

Tshepo Letsoale

Akademiese Toerisme Toer - Oos Londen

------------------------------------------------------------------------------------------

Toppresteerders vir 2012:
Marileen Theron

Onderskeidings in die volgende vakke behaal:
Afrikaans, Engels, Wiskunde, LO, Rekeningkunde
Lewenswetenskap en Fisiese Wetenskap
Hierdie oud-hoofmeisie van Hoërskool Sannieshof se resep vir haar goeie uitslae is:  
Leer elke dag, konsentreer in die klas en leef gebalanseerd en voluit.
Haar toekomsplanne:  Aktuariële Wetenskap aan die Noordwes Universiteit.

Rochelle Rousseau

Onderskeidings in die volgende vakke behaal:
Afrikaans, Engels, LO,Rekeningkunde,
Lewenswetenskap en Fisiese Wetenskap
Harde werk en opoffering is haar leuse en die rede vir haar suksesse.
Haar toekomsplanne:  Aktuariële Wetenskap aan die Noordwes Universiteit

Simoné Jonker

Onderskeidings in die volgende vakke behaal:
Afrikaans, Engels, LO en Landbouwetenskap
Sy het op 4 Januarie ‘n sertifikaat as die BESTE PRESTEERDER in Landbouwetenskap in die Noordwes provinsie ontvang.
Haar toekomsplanne: Aptekerswese aan die Noordwes Universiteit
Simoné glo haar sukses is te danke aan harde werk, ‘n wye belangstelling  en ‘n baie gebalanseerde lewe. 


GRAAD 8&9

Verpligte leerareas vir uitkomsge-
basseerde onderwys soos voorgeskryf
deur die Onderwysdepartement, nl:

Taal, Geletterdheid en
Kommunikasie
Tegnologie
Ekonomiese en Bestuurswetenskap
Mens- en Sosialewetenskap
Kuns en Kultuur
Natuurwetenskappe
Wiskundige Geletterdheid, Wiskunde en Wiskundige Wetenskap
Lewensoriëntering
Addisionele vaardigheidsvak: Tik

 

GRAAD 10, 11 EN 12: 2008 +


Die Nasionale Seniorsertifikaatvakke
wat deur Hoërskool Sannieshof
aangebied word, word in twee
groepe ingedeel, nl.:
1. Universiteitstoelatingsvakke
• Rekeningkunde
• Landbouwetenskap
• Besigheidstudies
• Ingenieursgrafika- en ontwerp
• Tale (1 as Huistaal en 1 as Eerste
Addisionele Taal)
• Lewenswetenskappe
• Wiskunde
• Wiskundige geletterdheid
• Fisiese Wetenskappe
2. Spesialiteitsvakke
• Rekenaartoepassingstegnologie
• Gasvryheidstudie
• Toerisme
• Landboubestuurspraktyk
• Landboutegnologie

 

 

LANDBOU - ONS PLAAS

Vir die leerders wat belangstel in Landbouvakke word verskeie kursusse aangebied – bv. Simmentaler graderingskursusse, KI –kususse , kursusse oor Arbeidswetgewing,ens. 
Boeredae word gereeld aangebied vir die leerders en die gemeenskap.

Elke Landbouleerder het  of op Dinsdag of op Donderdag middae Landbouprakties waar hy of sy kennis prakties kan implimenteer.

LANDBOU
• Landbouwetenskap, Landboubestuurspraktyk en Landboutegnologie.
Tydens Landbouprakties (een middag in die week)  kry leerders die geleentheid om hul teoretiese kennis prakties toe te pas.

Boeredae, demonstrasies en kursusse word ywerig bygewoon:
• NAMPO
• KI-kursusse en demonstrasies dragtigheidsbepaling kursusse
•Melkbees Klassifikasie kursusse
•Pannar dae
•Ill de France Inligtingsdag
•Witkop Dorperras-evaluering
•Melkstal Higiëne Kursus
•MPO – dag
•Weidings Kursusse
•Presiesie – boerdery demonstrasie
•Grondontleding demonstrasie deur kenners
• Hitte sinkronisasie kursus
• Oesskattings word gedoen.   

Mielies, sonneblom en grondbone word aangeplant.
Ons skool het sy eie Jongboere-vereniging wat aktief projekte loods soos die aanplant van groente, ens.

Vertakkinge – saaiery, melkbeeste, varkboerdery, skape.
Plaas bestaan uit 119 ha droeëlande, 20 ha besproeiing(spilpunt) en 70 ha weiding.

Daar word 7ha grond gereserveer vir proewe wat elke jaar deur Monsanto geborg word.
Die kunsmis word deur Omnia geborg.

Ons plant hoofsaaklik BR-mielies en doen meesal chemiese bespuitings om onkruide te beheer.

Die melkery bestaan uit 52 diere
Daar word hoofsaaklik met Holsteins geboer en die melk word aan Transem gelewer.

Die skaapkudde bestaan uit 2 ramme, 52 ooie en 8 hamels. Begin April 2012 begin die lamseisoen en ons sien uit na die nuwe lammers om die kudde te vergroot.

Die varkboerdery bestaan uit 15 sôe, 32 klein varkies en 2 bere wat vanaf die bekende telers Kanhym aangekoop is vir ‘n goeie bedrag van R10 000.00.

Die department van Onderwys het ook hulp aangebied vir die bou van moderne varkhokke.

Weidings vir voeding van vee is ook aangeplant asook eenjarige gewasse.

Die leerders wat landbou-vakke neem doen een maal per week praktiese sessie op die plaas waar hulle ondervinding kan opdoen.

Daar word ook Boere-dae op die plaas gereël om sodoende die gemeenskap en kinders by verdere opleiding te betrek.

• 2015 – Ons landbouleerders het die jaar vir die eerste keer aan die Jeugskou deelgeneem en uitstekend gevaar. Die volgende drie leerders het hul NW-kleure verwerf en het vanaf 2-8 Oktober in Williston deelgeneem aan die Nasionale Jeugskou!
Op die foto van links na regs is Zane van der Merwe - 3de plek in Veselbokafdeling, seniorklas op NW-kampioenskappe.
In die middel, Marlize Louw- 1ste plek in Melkbeesafdeling, seniorklas op NW-kampioenskappe.
Regs,Steven Ahumado Prad- 1ste plek in Konynafdeling, seniorklas op NW-kampioenskappe en Skouman van die dag!

 

Buitemuurs (skool)

Atletiek – elke Maandag en Woensdag kom ‘n buite-afrigter om atlete en skoolafrigters op te lei.
Rugby
Netbal
Hokkie
Krieket
Skaak
Landsdiens
Luggeweerskiet
Landloop

 

AKADEMIESE TOERE

 

2013 - MOSSELBAAI TOER EN TOP 5 NA GAUTENG


2015 - LVR KAMP




2015 - GR9 AVONTUURKAMP


2015 - TOERISME TOER


SKOOL PROJEKTE