Sport
Hoërskool Sannieshof se sport spreek van top
gehalte kwaliteit by al ons sportsoorte.

ALGEMENE INLIGTING

Sannieshof fokus nie net op een sportsoort nie. Hier is al ons sportsoorte ewe belangrik.

Daar word elke jaar puik prestasies op die sportterrein gelewer wat provinsiaal, nasionaal en selfs
internasionale deelname en prestasies insluit. Hoërskool Sannieshof bied aan elke leerder die geleentheid om, dwarsdeur die jaar, deel te neem aan ‘n wye verskeidenheid sporstsoorte,
nl.:

• Atletiek
• Rugby
• Seuns- en Dogtershokkie
• Netbal
• Krieket
• Tennis
• Skyfskiet
• Gholf
• Perdry
• Karate
• Gimnasium
• Landloop
• Skaak
• Gimnastiek
• Perdry


Die skool verwag van elke leerder om aan minstens TWEE van bogenoemde sportaktiwiteite deel te neem.

 

SPORT PRESTASIES

• 2015 – SPORTMAN & SPORTVROU

Johan Rademeyer - Sportman 2015

Lienke de Kock - Sportvrou 2015

ATLETKIEK
• 2015 – INTERHUIS


RUGBY
• Provinsiale deelname
• 2009 – Noordwes Platteland, 0/18 Reitzweek: Jandré Visser,Nico Strydom, André Liebenberg,Stefan Hoffman, Gawie Coetzee
• 2009 – Noordwes Platteland, 0/19 Puk Uitnodigingspan: André Buys
• 2009 – Noordwes Platteland, 0/16 Frankfortweek: Bendré Pretorius, Ruan Strydom
• 2010 – Noordwes Platteland, 0/18 Reitzweek: Jandré Visser, Amerigo Reneri, Gawie Coetzee, Herman Biewenga
• 2010 – Noordwes Platteland, 0/19 Puk Uitnodigingsweek: Bendré Pretorius
• 2011 – Noordwes Platteland, 0/18 Reitzweek: Stefan Liebenberg, Willie de Meyer
• 2011 – Noordwes Platteland, 0/16 Frankfortweek: Antonio Ferrero

BEELDTROFEE
• Eerste span speel die afgelope 4 jaar in die Beeldtrofee virKlein-skole en vorder elke jaar tot in die kwartfinaal.
• Die 0/15 span kwalifiseer in 2011 en vorder tot in die semi-finaal.

• 2015 - Sewes Rugby
Wen vir Klerksdorp HTS 59-0
en Hans Moore van Benoni 17-12

 

KRIEKET
• 2014 - Hoërskool  Sannieshof  se 1ste  Krieketspan sowel as die o/15  Krieketspan het die seisoen al hul wedstryde op baie oortuigende wyses gewen en albei spanne tree as LIGAWENNERS uit die stryd!!
Baie geluk!!

• 2014 - o/15 span van Hoërskool Sannieshof 
Agter: Bongani Phuiyagae, Dewald Olivier,  Fransisco de Barros, Charlie Khan, Derian Wessels
Middel: JC Steyn, Stefan de Klerk, Gino Roelfze, Chris Smit, Paul van der Walt, Johannes Smit, Pieter van der Merwe.
Voor: Gielie Pitout (tellinghouer), Gustav van Niekerk, mnr. Rikus Groenveld (afrigter), Schalk Kriel, mnr. Gary Moore (afrigter), Johane du Toit (tellinghouer)

• 2014 - 1ste span van Hoërskool Sannieshof 
Agter: Junior Snyman, Duncan Steyn, Eugene Zietsman, Lou Olivier
Middel: Kobus Bester, Wilhard de Klerk, PJ Roode, Janes van der Merwe, Dean van Wyk
Voor: Danielo Barkhuizen, AJ van Rensburg, mnr. Henry Pretorius (skoolhoof en afrigter), Johan Rademeyer en Justin Voges

NETBAL
• 0/16 Naaswenners Netballiga
• 2009, 2010 – Best Schools
• 2009 – Nasionale Deelname: Hesmarie Bornman
• 2011 – Tweede span: Noordwes Klein-skole wenners

TENNIS
• 2011 – Noordwes Seuns Tweede Liga wenners
• 2011 – Provinsiale deelname: Marileen Theron
InterPro: Marileen Theron 0/18
• 2013 - Lienke de Kock is Noordwes se no. 1   o/15   Tennisspeelster
en is ook gekies  vir die Suid Afrikaanse o/15 Skolespan wat in Julie aan 2 toernooie in
Engeland en Skotland gaan deelgeneem het.  Sy  gaan dan ook saam met die res van die span  heerlik  tennis op Wimbledon gaan kyk.  Voorwaar ‘n PUIK prestasie!

• 2014 - Dawid teen ‘n paar Goliatte!!
Hoërskool Sannieshof se dogters tennisspan het die jaar verskeie skole met ‘n baie groot leerdertal die loef afgesteek  om as die wenners van Noordwes 1ste Liga Tennis uit die stryd te tree!!
Lienke de Kock is ook aangewys as Noordwes se nommer 1 dogters tennisspeelster!!

Wenners van Noordwes 1ste Liga Tennis
Jumarie Nel, Ester de Kock,  Chane van den Berg en Lienke de Kock

Lienke de Kock, Jumarie Nel, Ester de Kock, Me. Lydia de Kock (afrigter) en Chane van den Berg.
Agter verskyn Mnr. Henry Pretorius (Skoolhoof van Hoërskool Sannieshof)

• 2014 - Lienke de Kock wat aangewys is as die nommer 1 dogter tennisspeelster in Noordwes

• 2015 - Wenners van Noordwes 1ste Liga Tennis
Hoërskool Sannieshof het Potchefstroom Gimnasium oortuigend gewen.

• 2015 - Ester de Kock is no.1 speelster in Noord-Wes 0/15. Sy het in die Noordwes span by Interpro in Pretoria deelgeneem. Haar TSA National Ranking is 66 vir o/16!

• 2015 - Lienke de Kock het die tweede agtereenvolgende jaar die SA o/17 span gehaal. Sy het in die Noordwes span by Interpro in Pretoria deelgeneem. Sy is ook die no.1 o/19 speelster in Noordwes! Haar TSA National Ranking is 34 vir o/18! 

HOKKIE
• 2009 – Noordwes Platteland – 0/16: Annize Bornman, Mariska van Staden, Brenda Burger, Anel Jv Rensburg, Kate Roothman
• 2009 – Noordwes Platteland – 0/18: Liezl Strydom, Chantel Venter
• 2009 – Monsanto Ligawenners
• 2010 – Monsanto Ligawenners
• 2011 – 0/15 Liggawenners
• 2013 – 1ste Span, naaswenners in 2 ligas

GOLF
• 2011 – Inter Pro: Amerigo Renieri BUITE KURRIKULêR

SKYFSKIET
• 2010 – All Africa Games 9th Annual Youth Games: Elmizé Callaghan
• 2011 – Noordwes Kleure: Benic en Carl v Wyk
• 2012 – Carl van Wyk: Deelname aan SA Luggeweer skiet
• 2013 – Carl van Wyk: Ontvang SAARA Kleure en is as lid van die ontwikkelingspan gekies wat die Junior Protea span vergesel het na die Junior Wêreld Kompetisie te Suhi, Duitsland waar hy  aan verskeie kompetisies deelgeneem het.


• 2013 – Wilhard de Klerk is  tydens  sy deelname aan die Roodepoort  Ope verkies om deel  te wees van die BJI – toer wat op 29 Julie na Engeland vertrek het waar hy aan verskeie kompetisies deelgeneem het.
 

• 2014 - Carl van Wyk: Junior Protea in Skyfskiet  

• 2014 - Derik Bouwer: Noordwes Kleure verwerf en 2 silwer medaljes op die Noordwes–kampioenskappe.

• 2015 - Carl van Wyk: Junior Protea in Skyfskiet 

• 2015 - Op Saterdag 15 Augustus het die Noordwes Luggeweer skuts van Klerkdsorp, Wolmaranstad, Scheiwer-Reneke en Sannieshof sake uitgespook in die 4de Noordwes Liga kompetsie van 2015.
Sannieshof skuts het uitgeblink en ‘n eerste plek in al die kategorieë verower. ‘n Beloning op maande se getroue oefening. Met ‘n kompetisie wat oor 90 minute en 60 skote beslis word, is deursettingsvermoeë en konsentrasie deurslaggewend. 
Daar is twee dissiplines, die 10m, met 60 skote in 3 aflosse in die staan posisie en die 3P waar 20 skote in elk van die 3 posisies nl. Lê, staan en kniel geskiet word.
Baie geluk aan die skuts. Eerste plekke aan:
Presisie 10m Olimpies
o/20 Carl van Wyk
o/16 Derik Bouwer
Sporter klas 3P
• Jarno Botha 0/20
• Dewald Olivier o/16
• Marené Bouwer o/14

Sporter klas 10m 
• Dogters 0/14 Marené Bouwer
• Seuns o/16 Dewald Olivier
• Seuns o/20 Jarno Botha

Foto aangeheg: voor Derik Bouwer, Carl van Wyk
Agter: Dewald Olivier, Marené Bouwer, Jarno Botha

PERDRY
• 2011 – Benic van Wyk: North West Final,
70cm Show Jumping Competition: 1ste plek
70cm Show Jumping Second Phase: 2de plek
•SANESA SCHOOLS National Championships,
70cm, Show Jumping: 7de plek

• 2015 – Kobus Bester het aan die S.A. Saalperd kampioenskappe gaan deelneem.

PLUIMBAL
• 2011 – SA 0/19 Nr 2: Jenny vd Berg

LANDLOOP
• Hoërskool Sannieshof se landlopers - Odette Jacobz en Chanelle le Grange, hardloop die wêreld aan die brand. Hulle kwalifiseer om aan die S.A Junior Kampioenskappe deel te neem.

GIMNASTIEK
• 2014 - 4 leerders van Hoërskool Sannieshof het gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiek kampioenskappe te gaan deelneem.
AL 4 het hul Noordwes-kleure in Gimnastiek verwerf.
Op die Noordwes-Kampioenskappe het Johannes Smith ‘n algeheel  1ste plek behaal in die ouderdomsgroep 13-17.

By dieselfde kampioenskappe het Bokang Phuiyagae ‘n algeheel 2de plek behaal.



Marlize Loxton het ‘n silwer medalje en Alida van Zyl ‘n goue medalje op dieselfde kampioenskappe verwerf.


NETBAL

Hoërskool Sannieshof se netbal is tops en definitief van die beste! Ons netbal word geken aan uitstekende spel en spanwerk, maar ook aan ons dogters se sportmangees.
Ons wil alle dogters wat graag netbal speel betrek en laat deel in die lekker van ‘n spansport en die spangees wat daarmee gepaardgaan.  Ons wil graag elke dogter se volle potensiaal ontgin en haar laat besef dat sy ‘n belangrike rol in Sanies se deelname en sukses speel en dat ons haar nodig het!




HOKKIE

Hokkie 1ste span wat in 2 ligas deelgeneem het en naaswenners in albei is!
Agter: Ansu Claassens, Hannelie Grobler, Ronel Smith, Sonmarie Cramer, Lienke de Kock, Marthie de Kock
Middel: Rene lombaard, Isone Rudolph, Jumari Nel, Sumari Barnard, Michelle Strydom, Vianka Rousseau, Maryka Minns
Voor: Mev. Heila Joubert, Kayla Fourie , mev. Isabel Bornman, Anneke Minns, Chantelle Minns

Gedurende Maart vakansie het die Hokkie dogters, Hokkie seuns, Netbal 1ste Span en  Rugby 1ste Span na Mosselbaai getoer.

 

RUGBY

Sannies-rugby is 'n bekend vir die goeie tegniek en puik spel wat ons seuns wedstryd na wedstryd lewer.

 


TENNIS

Ons tennisspelers neem jaarliks aan verskeie toernooie deel, Interprovinsiale toernooi en die amptelike ligas.